Oor ons

Vyeboom Christelike Privaatskool (VCP) is ’n kleinskaalse, waardegedrewe skoolgemeenskap waar elke leerder geken, raakgesien en ondersteun word. Ons is halfpad tussen Villiersdorp en Grabouw geleë, in ’n rustige plattelandse omgewing wat kinders die ruimte gee om veilig te leer, speel en groei. By VCP glo ons dat ’n sterk fondasie begin by goeie waardes, respek en ’n liefde vir leer en ons bou daagliks aan kinders se selfvertroue, karakter en verantwoordelikheid.

  • 8 klaskamers
  • Rekenaarlokaal
  • Sportareas
  • Skoolbussies
Raak deel van ons skoolfamilie.

Ons visie en benadering

Ons doel is om die hele kind te ontwikkel: akademies, emosioneel, sosiaal en prakties. Ons volg die CAPS/KABV-kurrikulum en werk met klein klasse sodat leerders persoonlike aandag kan kry en teen ’n gepaste tempo kan vorder. Buiten die klaskamer bied ons ’n gebalanseerde skoolervaring met sport, kultuur, asook blootstelling aan vaardighede soos robotika en kodering. So skep ons ’n omgewing waar leerders nie net kennis opdoen nie, maar ook leer om te dink, te skep, saam te werk en met selfvertroue die toekoms in te stap.