Wat ons doen
Wat ons bied by VCP
By Vyeboom Christelike Privaatskool skep ons ’n gebalanseerde skoolervaring waar akademie, sport, kultuur en ’n veilige omgewing hand aan hand loop. Ons fokus op die ontwikkeling van die hele kind, nie net punte nie, maar ook selfvertroue, karakter, dissipline en deelname. Met klein klasse en persoonlike aandag help ons elke leerder om teen sy of haar eie tempo te groei, nuwe vaardighede te ontdek en met trots deel te wees van ons skoolgemeenskap.
Leer met doel – groei met vertroue
By VCP bou ons op ’n stewige akademiese fondament waar elke leerder se potensiaal raakgesien en ontwikkel word. Ons fokus op begrip, goeie studiegewoontes en selfvertroue, sodat kinders nie net vir toetse leer nie, maar vir die lewe. Hier word leer ’n reis van ontdekking waar elke dag tel.
Laat elke noot ’n storie vertel
Musiek bring vreugde, fokus en saamhorigheid. By VCP moedig ons leerders aan om hul liefde vir sang en instrumente te ontdek en hul talent met selfvertroue te ontwikkel. Of dit nou op die verhoog, in ’n konsert of by ’n geleentheid is. Musiek help kinders om hul gawes met passie te deel.
Addsionele grondslagfase aktiwiteite
Klasmuzik: Tannie Davida kom leer graag ons grondslagfase maats meer van ritme en musiek.
Monkeynastix: Monkeynastix help ons leerders van Graad RR-1, om meer deel te neem aan beweging. Hulle werk ook aan hul fiksheid en balans.
RSD-rugby: Hier leer die grondslagfase kinders meer van rugby en kry ekstra blootstelling aan die spel.